Koninklike Identiteit 1/06/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:4 ‘So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.’ ANV

Vader God, U het ons beplan om te lewe (heilig – opsy gesit) vir U. U het ’n doel vir my lewe gehad nog voordat die aarde geskep is. (Ps139)

Dankie vir die voorreg, om te kan kies om U leiding te ontvang en in ’n verhouding met U te kan leef.




Koninklike Identiteit 18/05/2024

Kom stem saam met die Woord oor jou identiteit as kind van God in Jesus Christus. 

Verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efesiërs 1:1 ‘Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus:’ AFR20

Hoor jy hoe groet Paulus die gelowiges wat glo in Jesus? As jy in Jesus glo, dan is jy heilig in Christus! Dit beteken jy is afgesonder van die wêreld vir Christus.

Dankie Vader God, ek, as gelowige kind van U, is heilig in Jesus Christus!




Royal Identity in Christ 18/05/2024

Come and agree with the Word about your identity as a child of God in Jesus Christ.

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says of you:

Eph 1:1 ‘Paul, an apostle of Jesus Christ by the will of God, To the saints who are in Ephesus, and faithful in Christ Jesus:’ NKJV 

Do you hear how Paul greets the believers who believe in Jesus? If you believe in Jesus, then you are holy in Christ! Holy means to be set apart from the world for Christ.

Thank you, Father God, as Your believing child, I am holy in Jesus Christ!




Wie se Stem Hoor ek?

Ons hoor verskeie stemme en soms is dit moeilik om te onderskei of dit my eie stem, God se stem of die duiwel se stem is wat ons hoor.



God kommunikeer nie net deur Sy stem met ons nie, dit gebeur min. Meestal is dit deur Sy woord, deur drome of visies of ’n ervaring in jou gees, ’n knop op jou maag of ’n ongemaklike gevoel of ’n gevoel van; dis goed, of reg. Ons sê ook ‘ek sien net rooi ligte toe ek dit hoor’. Dis verskillende maniere wat God en Heilige Gees met ons praat. Die duiwel kry ook sy voet in die deur en daarom moet ons weet hoe om te onderskei tussen die stemme wat ons hoor. Die karakter is ’n sterk aanduiding van wie aan die woord is.

Hoe weet ek dis God wat praat?

  • God se stem is getrou aan Sy karakter; liefdevol, opreg, vriendelik, opbouend, kalm en rustig. Gal5:22-23; 1Joh4:9-10&19; Rom8:31.
  • God se stem bring vrede en sekerheid. (nie twyfel of verwarring of uitputting nie). Joh14:27; 1Pet5:7.
  • God se stem is getrou aan Sy Woord. (en sal nie Sy Woord ongeldig maak nie.) Spr30:5; 2Tim3:16.
  • God se stem sal eenheid bevorder. (nie verdeeldheid of skeiding veroorsaak nie.) Ef4:1-3 en 11-13.
  • God se stem bring korreksie/verandering, aanvaarding en oortuiging. (dit kla jou nie aan nie, laat jou nie skuldig voel nie, selfs wanneer dit jou korrigeer.)Kol1:8-9; 1Kor10:13.
  • God se stem bou op en gee rigting en versterk. (dit breek nie af nie en maak nie moedeloos nie) Kol3:16

Jak 3:17  ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.; ANV

Fil 4:7  ‘En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.’ ANV

Wanneer is dit my eie stem?

  • My eie stem sal my saak bevorder, vb. ‘ek moes gewen het, ek het die hardste gewerk’.
  • Neem nie ander in ag neem nie, is onbedagsaam.
  • Eien die beste toe vir jouself, vb. neem die grootste stuk koek vir self, is selfsugtig, deel nie, is nie die minste nie.
  • Dis op myself gefokus; ek, my en ekself of myself. Bevoordeel net eie belange.
  • Sal self bevorder vb. ‘Kyk hoe oulik of goed is ek’.
  • Neem nie verantwoordelikheid nie, sal eerder iemand blameer.

Luister as jy oorvertel of in gesprek is, na wat jy hoor jyself sê.

Is dit: ‘ek wil’, ‘ek sal’, ‘my’, ‘myne’, ‘dis nie wat ek wil hê nie!’ ‘Dit maak my kwaad’ en so voorts.

Dikwels klink die gesprek soos ’n twee of drie jarige se besitlikheid oor sy speelgoed.

1Jn 2:1 ‘Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.'(AOV)

Wanneer is dit die vyand se stem?

  • Die vyand se stem sal sonde, vrees, minderwaardigheid, kommer, agterdog, woede, selfsug en rebellie bevorder.
  • Die stem is krities, veroordelend en kla jou aan of iemand anders en laat jou hopeloos en verlore voel, vb. jy het alweer alles verkeerd, jy sal dit nooit reg kry nie, jy moes opgelet het, jy is te dom.
  • Die stem laat jou emosies van vrees, rusteloosheid, agterdog en skuldgevoelens ervaar, vb. Sê nou net iets gebeur, jy weet hy is nie eerlik nie, doen iets vir iemand uit skuldgevoelens (dit lei tot werke en uitputting) ens.
  • Sal sonde aanmoedig, bv. ongehoorsaamheid, niemand sal weet nie, opstandigheid of rebellie.
  • Dit sal jou aanspoor om uit te stel, vb. Moet nie nou bid of getuig nie, later sal daar baie tyd wees.
  • Aankla: jy het dit alweer gemis, jy moes dit gister al gedoen het, ens.
  • ’n Dringend, haastige of drywende gevoel, dit moet nou gebeur. (dis nie die vrede van God nie).

Sy taktiek het nog nie verander nie, dis hoe hy Eva mislei het, hoe hy Jesus probeer versoek het en jou aanval en mislei met halwe waarhede en leuens.

Afsluiting

Wees waaksaam, neem elke gedagte gevange, besef wat jy dink en bring elke gedagte in lyn met God se Woord. God het beter planne vir jou, jy kan dit weerstaan, moet nie afdaal na die vyand se vlak nie. Staan vas in die Woord van God.

Gal 5:1 ‘Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie’. AOV God is goed, getrou, opreg en vir jou! Hy het jou lief en wil vir jou net die beste hê. Hy is nie daarop uit om jou te breek of skade te laat ly nie. Joh3:16; Joh10:10; Rom8:31.




Koninklike Identiteit in 25/05/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:3 ‘Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,’ AOV

Vader God, ek loof en prys U! Dankie dat ek geseënd is met alle geestelike seëninge in Christus!

Is dit nie wonderlik nie, omdat ek in Christus glo, is ek geseënd met al God se seëninge!




Royal Identity in Christ 25/05/2024

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Eph 1:3 ‘Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who has blessed us with every spiritual blessing in the heavenly places in Christ,’ NKJV 

Father God, I praise You! Thank you for blessing me with all spiritual blessings in Christ!

Isn’t it wonderful? Because I believe in Christ, I am blessed with all God’s blessings!




Koninklike Identitiet in Christus 11/05/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

God het my lief (Joh3:16; Ef1:4)

Hy het my beplan, ek is nie ‘n las nie (Ps139:16)

Ek is God se skeppingswerk (Ef2:10)

Ek is ‘n kind van God (Joh1:12; Kol1:13)

Ek is verkies, aanvaar en aangeneem (Ef1:5)

Ek is verlos, heilig, geregtig (vry) en het wysheid in Christus (1Kor1:30)

Ek is vergewe (Ef1:7; Joh3:17-19)

Ek is sonder blaam, sonder oordeel (Rom8:1-2)

Ek het logiese denke (nie vrees nie), krag, liefde en selfbeheersing (helder en goeie verstand) (2Tim1:7)

Ek het God se genade en guns (Ef1:7; Luk2:14; Spr3:4; Ps23:6)




Royal Identity in Christ 11/05/2024

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

God love me (Joh3:16; Eph1:4)
He planned me, I am not an afterthought (Psa139:16)
I am a child of God (Joh1:12; Col1:13)
I am chosen, accepted and adopted(Eph1:5)
I am redeemed, holy and righteous and have wisdom in Christ (1Cor1:30)
I am forgiven (Eph1:7; Joh3:17-19)
I am blameless, without condemnation (Rom8:1,2)
I have logical thinking (no fear), power, love and a sound mind (self-control)
(2Tim1:7)
I have God’s grace and favour (Eph1:7; Luk2:14; Prov3:4; Psa23:6)




Koninklike Identiteit 4/05/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps139:14-18

Vader God, U het my beplan en geskape, my geken voordat ek ‘n gedagte by my ouers was en elke dag van my lewe opgeteken in U boek, voordat ‘n enkele dag geskep was. Dankie vir U liefde en getrouheid.




Royal Identity 4/05/2024

We form our identity by what happens to us. That is not what God says about us. We are princes and princesses in God’s Kingdom.

We declare our Royal Identity according to what God tells us, in:

Psa 139:14-18

Father God, You planned and created me, knew me before I was a thought to my parents and recorded every day of my life in Your book before a single day was created. Thank You for Your love and faithfulness.